Calvin Coolidge

Calvin Coolidge
30ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 2 Augustus 19234 Maart 1929
Voorganger Warren G. Harding
Opvolger Herbert Hoover
Geboortedatum 4 Julie 1872
Geboorteplek Plymouth Notch, Vermont
Sterftedatum 5 Januarie 1933
Sterfteplek Northampton, Massachusetts
Eerste Dame Grace Goodhue
Politieke party Republikein
Visepresident Geen (1923–1925)
Charles G. Dawes (1925–1929)
Handtekening

John Calvin Coolidge, Jr. (* 4 Julie 1872; † 5 Januarie 1933) was die 30ste President van die Verenigde State (1923–1929).[1] Coolidge was 'n boorling van Vermont wat as Republikeinse advokaat 'n suksesvolle politieke loopbaan in die deelstaat Massachusetts gevolg het en eindelik tot goewerneur van dié staat verkies is. Sy optrede tydens die polisiestaking in Boston in 1919 het hom in die nasionale kollig geplaas en hom die reputasie besorg dat hy nie sou skroom om moeilike besluite te neem nie.

Coolidge is in die volgende jaar tot 29ste Visepresident van die VSA verkies en het die destydse president Warren G. Harding ná sy skielike afsterwe in die amp in 1923 opgevolg. Een jaar later is Coolidge as president herverkies. Coolidge was 'n konserwatiewe voorstander van beperkte regeringsinmenging en het bekend gestaan vir sy swygsame karakter.

Nadat die ampstermyn van Warren G. Harding deur 'n reeks regeringskandale oorskadu is, het Coolidge die publiek se vertroue in die Withuis herstel en sy ampstermyn as 'n gewilde politikus beëindig. Een van sy biograwe het later opgemerk dat Coolidge die "gees en aspirasies van die middelklas beliggaam het, hulle behoeftes kon vertolk en uitdrukking aan hulle menings kon gee. Dat hy die genius van die deursneeburger verteenwoordig het was die mees oortuigende bewys van sy sterkte."[2]

Teenstanders van 'n laissez faire-regeringsbeleid het hul kritiek later na Coolidge uitgebrei, en alhoewel sy beleid gedurende die ampstermyn van Ronald Reagan herwaardeer is, is analitici steeds oneens oor die prestasies van sy presidentskap. Sommige waardeer sy suksesvolle verkleining van die regering, terwyl ander kritiek lewer op Coolidge se onvoldoende beheer oor die Amerikaanse ekonomie en gebrek aan regulasie daarvan.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Claude M. Fuess: Calvin Coolidge: The Man from Vermont. Boston: Little, Brown and Company 1940, bl. 500

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search